www.petsplace.co.z

Puppies (all breeds)     Advertise      Scams     More... 

 

Aboheme Kennels

Breeder of Labrador Retrievers

Call or WhatsApp Elize Grobler, Randfontein - 079 899 3140

Chocolate coat gleaming in the sun

 

Die eerste 2 swart Labradors wat ek gekry het, het elkeen 'n wit vlekkie op hul bors gehad, twee energieke tewe, altyd reg om nog stouter te wees as die vorige dag..

Op 2 jaar het ek hul vir 'n dekking geneem, daar was die grootste verwarring en beide tewe is gesteriliseer, die skok was baie groot gewees..

Na baie oorweging het ek toe 'n geel geregistreerde teef gekry - Jessica was haar naam.

Ek het baie ongelooflik hartseer en duur verhale gehoor deur die jare rondom heupvervangings en knievervangings en het besluit, ten einde met Labradors te teel, moet ek eers die heup en elmboog xstrale laat neem en ook die ander genetiese bloedtoetse laat doen. Indien die uitslae goed genoeg is, sal ek tevrede voel dat die klein hondjies wat gebore sou word, goed genoeg sal wees om aan ander mense baie plesier te verskaf en sodoende sal ek ook 'n verskil kan maak aan die Labrador Retrievers in Suid Afrika.

Ek is woonagtig in Randfontein op n kleinhoewe, my Labradors beweeg vry rond. Wanneer die hondjies gebore word, bly die mamma 2 tot 4 weke binne in die huis waarna ek hul na n kleinhondjie area net buite my voordeur skuif. In die kampie is 'n groot koelteboom, 'n lekker hok en baie groen gras. Hulle kan op 7 weke na hulle nuwe huise en eienaars gaan.

OP 7 weke het hul ma hul geleer om nie binne of naby hul hok te mors, hul is mooi gesosialiseer en geniet natuurlik die groen gras die meeste. Mamma het natuurlik deurlopend vrye toegang tot hulle en lę die hele tyd, wanneer sy nie by hulle is, net voor die kampie of baie naby aan die hok, binne hoorafstand..

Die hondjies word op 10 dae ontwurm en gereeld daarna wat verseker dat hulle mooi gesond is en top kondisie behou. Hul kry op 4 weke hul eerste ent en begin dan ook om kleinhondjiekos te eet.. Hul speel met allerhande speelgoed en slaap die meeste van die dag tot op 6 weke..

Die klein hondjies moet tot en met 16 weke, weggehou word vanaf openbare parke en pubieke plekke, die Parvo virus is baie erg, immuniteit by die hondjie, is dan eers volledig.

Sover moontlik moet die groeiende hond nie van beddens of banke afspring, minimaliseer die op en afhardloop by trappe, stap net met die woef, moenie met hom gaan hardloop tot hul een jaar oud is nie, dit is nie goed vir die heup en elmboog gewrigte nie..

Voer asb die hondjie goeie Puppy kos tot op die ouderdom van een jaar en pasop dat hul nie te vet word nie, Labradors kan lekker eet en word baie maklik te vet..

Honde moet net hondekos en honde bederfies eet, hul is nie gemaak vir mense se kos nie, bietjie rys en die wit van 'n hoenderdorsie is meer as genoeg bederf vir hulle, asb ook nie daagliks..

Die Labradors is nie vegters / fighters nie, hulle is liefde / lovers en die mees gewilde gesinshond vir die afgelope meer as 30 jaar, węreldwyd..

Die feit dat hul so groot is en ook so 'n diep stem het wanneer hul blaf, skep die indruk dat hul baie kwaai is, maar inteendeel - hul is net liefde en soek baie aandag, kry nooit genoeg..

My persoonlike gunsteling is die swart Labrador, daar sal altyd een aan my sy wees.
 

Our kennel name, "Aboheme," is registered with KUSA. We register every puppy with KUSA. They buyer gets a KUSA registration certificate. Every puppy has a microchip implanted before it leaves our care. There are breeding restrictions.

9 chocolate Labrador puppies in the boot


More pet topics on this site

More Labradors

Puppies (other breeds)

Advertise!

Contact webmaster