www.petsplace.co.z

Puppies (all breeds)     Advertise      Scams     More... 

 

Scams 

 Afrikaans

English translation

A victim's tale:


Hello daar

Ek tik maar net bloot om my storie te deel en ander mense te waarsku om ook so fout soos ek te maak .... so kwaad vir myself.... as ek nou dink was daar soveel rooi vlae....

Ons was opsoek na n Rhodesian rifrug hondjie ... soos ek dit goed kan doen het ek begin Google en emails uitstuur en soek sonder ophou......

Ek het klomp eposse en fotos terug gekry, maar hierdie een foto het my hart gesteel sy was n teefie... hoewel ons eintlik n reuntjie wou gehad het , het ons besluit hierdie is ons hond.

Ek moes tot n vraelys antwoord oor of ons geskik sal wees vir Molly!!! Ons het geslaag, en syt gesê ons moet dadelik n “cash send” doen ..... ken dit nie , het probeer en gesukkel ....

Haar “(xxxx) sel nommer (065) 551-9797
Haar man 0639822778

Ekt gesê ons sukkel en gevra sy moet vir my n bank rek nommer stuur, syt vir my “haar man “ se rek nommer gestr ( Acc Number: 62846043628 Fnb ) Syt betaling (R3000) ontvang en gesê die hondjie sal laat middag die volgende dag by ons afgelewer word.

Voor ek betaal het , het sy tot vir my n foto van haar I’d gestr as bewys....

Ekt op haar facebook gaan kyk en gesien sy is wie sy sê....

Volgende oggend toe kry ons hierdie mal e-mails ons moet nog geld betaal sommer R5000 waarvan ons R4700 sal terug kry, dis soos ‘n deposito en ‘n spesifieke krat wat moet gebruik word vir ons hondjie) en die brief is gerig deur n veearts en sy nommer daarby.

Dr Jason Walton
(063) 982-2778
My man het met hom gepraat en die hele storie is aan hom verduidelik ....

Toe ek vra watse courier maatskappy gebruik hulle toe sê sy Rocket Speed Couriers en hulle het permit om tydens hierdie tyd te ry.

So dankbaar my man het geweier .... en gesê betaal ons geld terug wat ons reeds betaal het.... syt alles probeer om nog geld uit ons te kry van R5000 tot op die einde R1000 dan sal sy sorg vir die res!!! Toe het ons geweet hier is moeilikheid!!!!!

Syt so ewe gesê sy sal die volgende dag ons geld terug betaal. Ekt haar gevra is dit nie n scam en syt gesê neeeeee sys n christen ( en dit maak my die kwaadste )

Ons het nooit weer van haar gehoor nie.... ons het weer op die persoon se facebook opgegaan en n ander sel nommer gekry , ek het haar gevra weet sy iets van ons hondjies .... en die hele storie aan haar vertel...

Syt vertel haar identiteit is gebruik en alles is n scam ... Sy is ook gescam met n hondjie vir haar dogtertjie en toe het hulle haar identiteit sommer gesteel, syt n saak nommer en ek het ook n saak nommer maar niks het van dit gekom nie ..

Ek kan nie eers mense help deur te sê watse advertensie was dit en waar nie, oor ek soveel uitgestr het.


Maar so het ek ‘n baie duur les geleer. My kindertjies was so opgewonde, om daardie hondjie te kry, hulle kon nie verstaan hoekom mense so lelik kan wees nie....

Wens net hulle kan gevang word...


 

VIRUSSE , BEDROG  en  GEMORSPOS

  Mense wat ‘gemorspos’ stuur is honde! Laat ons nie hulle slagoffers wees nie! Leer hoe om gemorspos en virusse uit te ken!

  Indien jy vermoed dat ‘n e-pos dalk gemorspos kan wees, rapporteer dit aan jou Internet Diens Verskaffer.As dit wel ‘n onskadelike e-pos is, is dit beter om veilig te speel as om agterna spyt te wees! 

Moenie enige aanhangsels oopmaak indien jy onseker is van wie dit kom nie. Aanhangsels kan soms virusse bevat. 

Moenie e-posse aanstuur indien jy ‘n ‘snaakse gevoel’ rondom dit  het nie. Vee dit eenvoudig uit! Of dit nou gemorspos is of nie, jy spaar die volgende persoon baie tyd! 

Hier volg ‘n paar gemorspos e-posse wat ek al ontvang het: 

Roodepoort se Diere Beskerming gaan sluit. 

‘n Vrywillige sendeling in Cameroon kry baie swaar en soek ‘n huis vir sy hond..Indien jy sou aanbied om te help met kostes, is jy ‘n slagoffer van bedrog, want daar is geen hond! 

‘ n Hond is verlore. Lees aandagtig of die telefoon nommer korrek is – dalk enige syfer uitgelaat? Is    die berig gedateer? Word die naam van die dorp genoem? 

‘n Kind is verlore. Die kind mag dalk reeds gevind wees teen die tyd wat die e-pos jou bereik, maar jy sal nie weet nie, want die bedrieer verwyder die datum, plek, foonnommers en alles wat dit ‘n geloofwaardige e-pos sou maak. 

‘n Kind is besig om te sterf aan kanker en indien jy die e-pos sou aanstuur, sal sy geld ontvang.  Hierdie bedrieers speel op mense se gevoelens. Hulle gebruik werklike situasies en manupileer die publiek. Die kind mag dalk alreeds gesterf het, maar die e-pos doen steeds die rondte, synde daar geen manier is om die waarheid vas te stel nie. 

‘n Weduwee is besig om te stef aan kanker en wil geld nalaat vir ‘die Here se werk’, of sy wil die geld uit ‘n Afrika-land uitkry. Sy wil graag jou bank besonderhede he om te ‘deponeer’, maar jy is die een wat uiteindelik besteel word! 

Party e-posse beweer dat, indien jy dit aanstuur, sal jy geld of ‘n gratis selfoon ontvang. 

Indien jy die e-pos terug stuur vir die persoon wat dit vir jou gestuur het, sal jy baie voorspoedig wees. Hoekom moet jy dit terugstuur? Die persoon het dit reeds gelees! Vee dit eerder uit anders versamel die bedrieer net meer e-pos adresse!

  Baie petisies word uitgestuur deur mense wat die e-pos adresse ‘steel’en verkoop aan aanlyn adverteerders. Die inhoud van hierdie petisies mag waar wees, maar om dit aan te stuur, is ‘n gemors van tyd en vertraag die internet. 

Party e-posse haal welbekende figure en organisasies aan, soos Dr. James Dobson en Radio Kansel. Dit klink dan soos ‘n geloofwaardige en goeie e-pos!

  Bedrieers kopieer Christelike boodskappe, stuur dit aan en weet dat mense dit nie sommer uitvee nie.

  Jy het ‘n oorsese lotery gewen.

  Jy het ‘n bedrag geeerf van ‘n verlangse familielid.

  Die weduwee van ‘n politikus in ‘n ander land wil geld in jou bankrekening insit om dit uit haar land te kry. ‘n Vrou se naam word gebruik, omdat vrouens meer geloofwaardig is.

  top of page    contact webmaster    home